Welkom by die Senior Primêre Fase van Kuswag skool, waar ons 'n geïntegreerde benadering tot onderwys volg wat leerders aktief betrek en hulle die geleentheid bied om holisties te groei. Ons glo in die krag van integrasie, waardeur ons leerders aanmoedig om die verband te sien tussen verskeie dissiplines en om kritiese denke-vaardighede te ontwikkel wat hulle toerus vir die uitdagings van die toekoms.
Ons fokus op 'n geïntegreerde benadering strek oor verskeie vakgebiede, wat 'n ryk en omvattende leerervaring bied. Deur middel van projekgebaseerde leer, temasentriese benaderings en interdissiplinêre projekte, moedig ons ons leerders aan om hul kennis en vaardighede te konsolideer terwyl hulle hul verbeelding en kreatiwiteit uitleef.
In hierdie omgewing omvou ons die diversiteit van ons leerders en erken ons dat elkeen unieke sterkpunte en belangstellings het. Ons streef daarna om 'n omgewing te skep waarin elke leerder kan floreer en hul volle potensiaal kan bereik.
Dankie dat jy deel word van ons Senior Primêre Fase-gemeenskap, waar ons saamwerk om 'n stewige fondament te bou vir die toekomstige sukses van elke leerder.
Skoolure
Graad 4 – 7
Maandae tot Donderdae 07:30 – 14:00 Vrydag 07:30 – 13:00
Pretdae
Die Senior Primêre fase lê nie net klem op akademie, sport en kultuur nie, maar ons reël ook deur die loop van die jaar pretdae en pretaktiwiteite vir ons leerders en ons ouers.
Ons pak ook elke jaar ‘n liefdadigheidsprojek aan om ons leerders te leer dat ‘n mens moet teruggee aan die gemeenskap.
Aktiwiteite wat deur die loop van die jaar plaasvind is: Pa- en dogterdans Pa- en seunoggend Oupa- en oumadag Kaskenadedag Erfenisdag Konsert Kaskardag Geesvangweek “Popcorn-” en Pajamadag Boekedag
Akademie
Hierdie inligting sal vroeg in 2025 gepubliseer word.
Kultuur
Ons graad 4 – 7 leerders kan aan die volgende kultuuraktiwiteite deelneem:
CSV
Vind gedurende pouses plaas
Koor
Ons leerders woon oudisies by om toelating tot die skoolkoor te kry. Ons skoolkoor tree deur die jaar by verskeie geleenthede op.
Kunsklub
Vind na skool plaas en is oop vir enige leerders wat hulle kunstalent wil uitleef.
Redenaars
Ons leerders neem deel aan die EG Jansen Redenaars, ATKV Redenaars, Radikale Redenaars en Con Spirito. Ons het deur die jare verskeie provinsiale en nasionale wenners in van die kategorieë gehad.
Sport
Oefentye vir alle sporte is vir dogters en seuns, tensy anders aangedui per sport.
Eerste kwartaal
Krieket (Dogters en seuns) 0/11 & 0/13 Maandae en Woensdae 14:00 – 15:00
Swem (Dogters en seuns) Dinsdae tot Donderdae om 06:40 – 07:20
Skaak (Dogters en seuns) Donderdae 14:00 – 15:00
Hokkie (Seuns en Dogters) Maandae en Woensdae 14:00 – 15:00 (Of soos anders gereël deur die afrigters)
Rugby 0/13 Maandae en Woensdae 15:00 – 16:00 (Of soos anders gereël deur die afrigters)
Netbal & Aksienetbal (Dogters) Slegs 0/13 Maandae en Woensdae 14:00 – 15:00 (Of soos anders gereël deur die afrigters)
Tweede kwartaal
Skaak (Dogters en seuns) Donderdae 14:00 – 15:00
Hokkie (Seuns en Dogters) Juniors en Seniors Maandae en Woensdae 14:00 – 15:00 (Of soos anders gereël deur die afrigters)
Rugby 0/11 & 0/13 Maandae en Woensdae 14:00 – 15:00 (Of soos anders gereël deur die afrigters)
Netbal (Dogters) 0/10 – 0/13 Maandae en Woensdae 14:00 – 15:00 (Of soos anders gereël deur die afrigters)
Derde kwartaal
Landloop (Dogters en seuns) Maandag en Woensdag oggend 06:40 – 07:20
Atletiek (Dogters en seuns) 0/10 – 0/13 Maandae en Woensdae 14:00 – 15:00
Skaak (Dogters en seuns) Graad 1 en 2: Donderdae 13:00 – 14:00
7’s Rugby 0/11 & 0/13 Maandae en Woensdae 14:00 – 15:00 (Of soos anders gereël deur die afrigters)
Vierde kwartaal
Krieket (Dogters en seuns) 0/11 & 0/13 Maandae en Woensdae 14:00 – 15:00
Skaak (Dogters en seuns) Graad 1 en 2: Donderdae 13:00 – 14:00 Graad 3: Donderdae 13:15 – 14:00
Gedragskode en Kleredrag
Die primêre doel van die gedragskode en kleredragreëls is om die regte van leerders en opvoeders te beskerm en 'n positiewe leeromgewing te skep. Nakoming van die kleredragreëls skep 'n gevoel van samehorigheid en dra die beeld van Kuswag Skool uit.
Elke leerder en sy/haar ouer/s en/of voog/de ontvang die gedragskode by inskrywing. U kan die dokument ook aflaai deur op die GEDRAGSKODE skakel hieronder te klik.