Kuswag Ondersteunersklub is die plek waar ouers en vriende van Kuswag sosiaal verkeer. KOK speel 'n ondersteunende rol om die visie van Kuswag Skool te verwesenlik. Sluit aan en word deel van die Kuswag gees!
Eben Cruywagen (eerste matriekhoofseun 1974), Johan Booysen, Mnr. Pierre Van Wyk en Johan Bornman (seun van Mnr. Casper Bornman, eerste hoof van Kuswag Skool) tydens 'n benoemingseremonie in 2020.
Tydens 'n benoemingseremonie in 2020 het die KOB ses vorige skoolhoofde vereer met gedenkplate wat sleutelfasiliteite van Kuswag Skool na hulle vernoem.
Die KOB moedig oudleerders aan om bymekaar en by die skool betrokke te bly. Dit was vir hierdie groep oudleerders 'n vooreg om Mnr. Pierre Van Wyk se tagtigste verjaardag in 2024 saam met hom te vier.
Kuswag Skool maak staat op die volgehoue ondersteuning van individue en besighede vir waardetoevoeging aan ons leerders. Verskeie projekte word beplan om die skool se perseel te verbeter en is afhanklik van borgskappe om die projekte te realiseer.
Baie dankie aan al ons borge wat ons getrou ondersteun.