Kuswag Kleuter Akademie het in Januarie 2023 tot stand gekom. Dit het aanvanklik bestaan uit slegs een klassie met Gr R en RR gekombineer. Soos wat die getalle gegroei het is die kleuters geskei en ‘n Gr R asook ‘n Gr RR klas het apart begin funksioneer.
Ons volg ‘n holistiese benadering ten opsigte van ons kindertjies se opvoeding, en pas Christelike beginsels toe. Ons Kleuter Akademie personeel beskik oor jare se ervaring en bied u kind topgehalte onderrig in ‘n liefdevolle omgewing.
Elke klassie is kleurvol versier en het ook ‘n lugverkoeler om ons kleuters te help om optimaal te kan konsentreer in die warm somermaande. Ons fase spog ook met ons eie rekenaarsentrum, kunsklas en Robotika sentrum. Ons kleuters kan daagliks hul buitespel geniet op die speelgrond waar daar ‘n sandput, speelplek asook stewige moderne klim en klouterapparaat vir hul opgerig is. Die Kleuter Akademie word sover moontlik by alle aktiwteite van die skool, maar veral die Grondslagfase betrek.
Skoolure
Maandag tot Donderdag 07:30 – 12:15
(ontvangs vanaf 07:00)
Vrydae 07:30 – 12:00
(ontvangs vanaf 07:00)
Nasorgure
Maandag tot Vrydag 12:20 – 17:00
Pretdae
Die Kleuter Akademie lê nie net klem op die leerprogram wat hul talente help ontwikkel en kultuur nie, maar ons reël ook deur die loop van die jaar pretdae en pretaktiwiteite vir ons leerders en ons ouers. Ons het ook elke jaar ‘n liefdadigheidsprojek wat ons aanpak om ons leerders te leer dat ‘n mens moet teruggee aan die gemeenskap.
Aktiwiteite wat deur die loop van die jaar plaasvind:
Insameling van pap, melk en suiker asook ander produkte vir ons skoolgemeenskap
Koekverkopings
Pa- en dogterdans
Pa- en seunoggend
Pop Corn en Pajamadag
Oupa- en oumadag
Ma- en dogteroggend
Kaskenadedag
Erfenisdag
Konsert
Kaskardag