Junior Primêr

Bekendstelling

Kuswag Junior Primêr pas Christelike beginsels toe en volg ‘n holistiese benadering ten opsigte van ons leerders se opvoeding. Ons Junior Primêre personeel beskik oor jare se ervaring en bied u kind topgehalte onderrig in ‘n liefdevolle omgewing.
Skoolure
Graad 1 & 2
Maandag tot Donderdag: 07:30 – 12:45
Vrydag: 07:30 – 12:00
Graad 3
Maandag tot Donderdag: 07:30 – 13:15
Vrydag: 07:30 – 12:00
Pretdae
Die Junior Primêre fase lê nie net klem op akademie, sport en kultuur nie, maar ons reël ook deur die loop van die jaar pretdae en pretaktiwiteite vir ons leerders en ons ouers. Ons pak ook elke jaar ‘n liefdadigheidsprojek aan om ons leerders te leer dat ‘n mens moet teruggee aan die gemeenskap.

Aktiwiteite wat deur die loop van die jaar plaasvind is:
Uilekamp
Pa- en dogterdans
Pa- en seunoggend
Oupa- en oumadag
Ma- en dogteroggend
Kaskenadedag
Erfenisdag
Konsert
Ushaka oorslaap vir Graad 1
Kaskardag
Boekedag
“Popcorn-“ en Pajamadag

Akademie

Die grondslagfase volg die kurrikulum soos voorgeskryf deur die Departement van Basiese Onderwys.

Die vakke wat aangebied word is:
Afrikaans Hooftaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Wiskunde
Lewensvaardigheid
Kodering en Robotika

Rapporte word elke kwartaal uitgedeel.

Minimum slaagvereistes
Graad 1 – 3: 50% vir Afrikaans Hooftaal
40% vir Wiskunde en Engels

Gereelde skoolbywoning word aangemoedig omdat daar elke dag informele en formele assessering plaasvind.

Kultuur

“So word ons die trou bewakers van kultuur, tradisie sterk”

Ons glo dat liefde vir kuns en kultuur wat van jongs af gekweek word, bydra tot ‘n gebalanseerde lewensbenadering, gesonde verhoudings en verhoogde konsentrasie-vermoëns.

Koor
Redenaars
Con Spirito
VCSV (Verenigde Christen Studente Vereniging)
VCSV vind op ‘n Donderdag gedurende pouse plaas. Jeuggroepe en die plaaslike Kerkgroepe kom kuier by ons en leer ons leerders lessies met ingeboude Christelike waardes.

Sport

Oefentye vir alle sporte is vir dogters en seuns, tensy anders aangedui per sport.
Eerste kwartaal
Mini-Tennis
Graad 1 & 2
Maandae en Woensdae 13:00 – 13:45
Graad 3
Maandae en Woensdae 13:15 – 14:00

Mini-Krieket
Graad 1 & 2
Maandae en Woensdae 13:00 – 13:45
Graad 3
Maandae en Woensdae 13:15 – 14:00

Swem
Dinsdae tot Donderdae 06:40 – 07:20

Skaak
Graad 1 & 2
Donderdae 13:00 – 14:00
Graad 3
Donderdae 13:15 – 14:00
Tweede kwartaal
Mini-Rugby (Seuns)
Graad 1 & 2
Maandae en Woensdae 13:00 – 13:45
Graad 3
Maandae en Woensdae 13:15 – 14:00

Mini-Netbal (Dogters)
Graad 1 & 2
Maandae en Woensdae 13:00 – 13:45
Graad 3
Maandae en Woensdae 13:15 – 14:00

Mini-Hokkie
Graad 1 & 2
Maandae en Woensdae 13:00 – 13:45
Graad 3
Maandae en Woensdae 13:15 – 14:00

Skaak
Graad 1 en 2
Donderdae 13:00 – 14:00
Graad 3
Donderdae 13:15 – 14:00
Derde kwartaal
Landloop
Maandag en Woensdag oggend 06:40 – 07:20

Atletiek
Alle oefening vind in skooltyd plaas.
Alle leerders neem deel aan die uitdunne

Skaak
Graad 1 & 2
Donderdae 13:00 – 14:00
Graad 3
Donderdae 13:15 – 14:00
Vierde kwartaal
Mini-Tennis
Graad 1 & 2
Maandae en Woensdae 13:00 – 13:45
Graad 3
Maandae en Woensdae 13:15 – 14:00

Mini-Krieket
Graad 1 & 2
Maandae en Woensdae 13:00 – 13:45
Graad 3
Maandae en Woensdae 13:15 – 14:00

Swem
Dinsdae tot Donderdae om 06:40 – 07:20

Skaak
Graad 1 & 2
Donderdae 13:00 – 14:00
Graad 3
Donderdae 13:15 – 14:00

Gedragskode en Kleredrag

Die primêre doel van die gedragskode en kleredragreëls is om die regte van leerders en opvoeders te beskerm en 'n positiewe leeromgewing te skep. Nakoming van die kleredragreëls skep 'n gevoel van samehorigheid en dra die beeld van Kuswag Skool uit.

Elke leerder en sy/haar ouer/s en/of voog/de ontvang die gedragskode by inskrywing.
U kan die dokument ook aflaai deur op die GEDRAGSKODE skakel hieronder te klik.